Dit is ‘n dinamiese produk wat binne gesonde Landbou-Ekonomiese beginsels ontwikkel is, deur Landbou-Ekonome wat in finansiering spesialiseer – die produk skep geen botsende belange nie.
Quattro-Vest se inset-finansieringsproduk issoleer u saai-risiko, deur Produksie-Finansiering teen Inkomsteversekering as sekuriteit te fasiliteer – u ander balansstaat bates is dus nie blootgestel aan u saaivertakkings se risiko nie.
Die kundigheid om u Boerdery lewensvatbaar te hou, veilig te finansier en die onderskeie fassette van u Boerdery te optimaliseer, is ‘n oproep ver.
Die Lewensvatbaarheid van u Boerdery in sy huidige omvang, met sy spesifieke bedryfstaksamestelling en kostestruktuur word bereken, geanaliseer en geintrepreteer.
Die Boerdery se uitbreidingskapasiteit word bepaal, m.a.w. indien kapitale uitgawes aangegaan word, geskied dit binne die Boerdery se beskikbare uitbreidingskapaiteit?
Die Boerdery se bufferkapasiteit word bereken, dus die Onderneming se terugslag-absorpsievermoë.
Die Rentekoerssensitiwiteit van u onderneming word vasgestel.
Is die Boerdery se huidige skuldlas korrek gestruktureer?
Is ‘n nuwe langtermynprojek wat oorweeg word, winsgewend oor tyd? Die nuwe vertakking se krietiese opbrengskoers word bereken om u in staat te stel om doeltreffende (om die regte ding te doen), effektiewe (om die regte ding, reg te doen) ekonomies winsgewende besluite te maak.
Die finansieringsaansoek word deur Quattro-Vest voltooi en volledig by die finansierder ingehandig, wat al die nodige dokumentasie insluit, soos die gewasmodel, kontantvloei- & balansstaat, plaassamestelling, inventaris en Fica-dokumente. Quattro-Vest bestuur dan ook die vloei van u produksielening se fondse deur die seisoen, wat 50% voor opkoms- en 50% na opkoms uitbetaal. Die produksielening word na u lopende rekening uitbetaal en is die produk nie op ‘n faktuur-basis gebasseer nie.
Standard Bank registreer ‘n sessie oor die Inkomstedekkingspolis (Oesversekeringspolis), asook die verskansingskontrakte as sekuriteit. Indien daar ‘n versekerbare risiko plaasgevind het, word die produksielening deur die inkomsteversekering vereffen – so ook in die geval van ‘n graanopbrengs, waar die graan dan met lewering teen die pryskontrakte, die produksielening vergoed.
Quattro-Vest is deel van die Price Forbes Groep van Makelaars en word u Oesversekering deur ons uitgereik en deur die seisoen deur ons bestuur in samewerking met die spesifieke Versekeraar. Ons is dus ge-akkrediteer om by al die Versekeraars kwotasies te kan trek en het toegang tot die onderskeie versekeraars se stelsels.
Die Oesversekeringspolis bestaan uit Inkomste- & Haeldekking en word spesifiek vir u behoeftes aan omgewingsrisiko’s en u finansieringsbehoefte pas gemaak. U kan ook aan ‘n Fonds deelneem waar ‘n deel van u premie gekannaliseer word en kan u sodoende ook deel in die risiko, ten einde tariewe te verlaag met die gevolglike besparing in premie.
Verskansing van u prys-risiko kan ook deur Quattro-Vest bestuur word in ‘n eenvoudige verskansingsstrategie deur die seisoen in samewerking met u. Ons het samewerkingsooreenkomste met verskeie graanhandelshuise, waarvan almal met Standard Bank ge-akkrediteer is.
‘n Baie belangrike beginsel hier is dat die produsent in beheer van sy graan bly en dat Quattro-Vest nie die koper van enige graan is nie – daar is dus geen botsende belange nie. U hou die mandaat en geen prysing / verskansing sal gedoen word sonder u opdrag of toestemming nie.
Verder differensieer Quattro-Vest hom van die res deur u risiko-profiel met die die nodige verskansingsposisies, teen die graan op land, gunstig te hou – ons verstaan hoe u Inkomstestaat se risiko-profiel verander wanneer sekere Safex-posisies ingeneem word en sal daarom nooit enige spekulatiewe posisies inneem of toelaat nie.
U verskansingsportefeulje van Safex-posisies word optimaal bestuur in die korrekte verhouding van Opsies tot ander afgeleide instrumente. Die Optimum punt aan Opsiekoste word vir elke gewas bereken en Opsies word binne sekere gesonde riglyne bestuur. Die hoeveelhede aan afgeleide instrumente per gewas word bereken en binne veilig verskansingsnormes en -beginsels bestuur.
Rakende bo-produksie sal ‘n verskeidenheid van spot lewering, plaaslaai, en uitgestelde prys-produkte aan u gebied word.
Produkprys is die grootste drywer in u balansstaat en verg die nodige aandag en kundigheid.
Jou Landbou vennoot in optimale finansiering, oesversekering en verskansing.
Kopiereg 2025 © Alle Regte Voorbehou Quattro-vest