Quattro-Vest Inset-finansiering

Dinamiese inset-finansiering pasgemaak

Quattro-Vest bied ‘n dinamiese inset-finansieringsproduk aan, wat binne gesonde Landbou-Ekonomiese beginsels ontwikkel is.

Vir die afgelope 22 jaar finansier, verskans en verseker ons die Landbou sektor en bied u ‘n wye reeks van spesialis dienste aan, soos lewensvatbaarheidstudies, kontantvloeibegrotings, herstrukturerings ens.

US South African Rand/US Dollar16.3939
GB South African Rand/British Pound21.935
EU South African Rand/Euro18.7992
17 Sep · CurrencyRate · ZAR
CurrencyRate.Today
Check: 16 Sep 2026 22:40 UTC
Latest change: 16 Sep 2026 22:33 UTC
API: CurrencyRate
Disclaimers. This plugin or website cannot guarantee the accuracy of the exchange rates displayed. You should confirm current rates before making any transactions that could be affected by changes in the exchange rates.
You can install this WP plugin on your website from the WordPress official website: Exchange Rates🚀

Wie Ons Is

Quattro-Vest se Agtergrond

Quattro-Vest word in 2004 gestig met die doel om graanprodusente met ‘n Inset-finasieringsproduk te bedien, wat landbou-vriendelik is en binne gesonde Lanbou-Ekonomiese beginsels bedryf word. Die produk word reeds in 2003 bekend gestel en geloots – en ons skop af – met groot sukses. Die finansieringsproduk word met Standard Bank se fondse aangebied en behou die Bank ook eienaarskap van krediet- en goedkeuringsprosesse, soos deur die kredietwet vereis.

Doelgerigte Ondersteuning
Landbou-vriendelike Finansiering
Veilige en Volhoubare Finansieringsmodel
22 Seisoene van Sukses
Kundigheid van Senior Landbou-Ekonome
Inset-finansiering

Hoekom moet jy ons kies?

Kom groei saam met ons.

Dit is ‘n dinamiese produk wat binne gesonde Landbou-Ekonomiese beginsels ontwikkel is, deur Landbou-Ekonome wat in finansiering spesialiseer – die produk skep geen botsende belange nie. Johan Oelofse is die alleen-direkteur van Quattro-Vest met sowat 12 jaar se bankondervinding as Senior Landbou-Ekonoom in bankwese. Die finansieringsproduk word reeds vir 22 seisoene suksesvol aangebied.

Quattro-Vest se inset-finansieringsproduk issoleer u saai-risiko, deur Produksie-Finansiering teen Inkomsteversekering as sekuriteit te fasiliteer – u ander balansstaat bates is dus nie blootgestel aan u saaivertakking se risiko nie. Deurdat daar nie balansstaat bates as sekuriteit aangebied word nie, word balansstaat-kapasiteit geskep vir ander finansieringsprodukte, soos byvoorbeeld, ‘n mediumtermynlening om grond te koop.

Alliansie Vennootskappe Met Die Kundiges

Ons Dienste

Quattro-Vest fasiliteer die volgende

Die nodige kundigheid is tot u beskikking en word Lewensvatbaarheidsstudies ook gedoen. Weereens word die beginsel van optimaliteit toegepas en kan die volgende vir u Boerdery Onderneming gedoen word.

FINANSIERING

Die finansieringsaansoek word saam met u op die plaas voltooi en volledig by die finansierder ingehandig, wat al die nodige dokumentasie insluit, soos die gewasmodel, kontantvloei- & balansstaat, plaassamestelling, inventaris en Fica-dokumente..

OESVERSEKERING

Quattro-Vest is deel van die Price Forbes Groep van Makelaars en word u Oesversekering deur ons uitgereik en deur die seisoen deur ons bestuur in samewerking met die spesifieke Versekeraar..

PRYSBESTUUR / VERSKANSING

Verskansing van u prys-risiko kan ook deur Quattro-Vest bestuur word in ‘n eenvoudige verskansingsstrategie deur die seisoen in samewerking met u..

Spesialis Dienste Wat Quattro-Vest Bied

Lewensvatbaarheid

Die Lewensvatbaarheid van u Boerdery in sy huidige omvang, met sy spesifieke bedryfstaksamestelling en kostestruktuur word bereken, geanaliseer en geintrepreteer.

Uitbreidingskapasiteit

Die Boerdery se uitbreidingskapasiteit word bepaal, m.a.w. indien kapitale uitgawes aangegaan word, geskied dit binne die Boerdery se beskikbare uitbreidingskapaiteit?

Bufferkapasiteit

Die Boerdery se bufferkapasiteit word bereken, dus die Onderneming se terugslag-absorpsievermoë.

Rentekoerssensitiwiteit

Die Rentekoerssensitiwiteit van u onderneming word vasgestel.

Skuldlas

Is die Boerdery se huidige skuldlas korrek gestruktureer?

Langtermynprojekte

Is ‘n nuwe langtermynprojek wat oorweeg word, winsgewend oor tyd? Die nuwe vertakking se krietiese opbrengskoers word bereken om u in staat te stel om doeltreffende (om die regte ding te doen), effektiewe (om die regte ding, reg te doen) ekonomies winsgewende besluite te maak.

Die kundigheid om u Boerdery lewensvatbaar te hou, veilig te finansier en die onderskeie fassette van u Boerdery te optimaliseer, is ‘n oproep ver.

Johan Oelofse
HUB
Naam & Van
Bestuurder

Ons Span

Ontmoet
Ons Span

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Inset-finansiering

Oesversekering

Verskansing

Produksie

Bemarking

Altyd Passievol

Inset-finansieringsproduk Ontwikkeling

Ons is passievol oor optimale finansiering en in die ontwikkeling van hierdie inset-finansieringsproduk, is die volgende drie beginsels voorop gestel:

Veiligheid

Drie basiese risiko’s word versag:
- Prys-risiko deur die verskansing van die fisiese graan deur die seisoen op die termynbeurs (SAFEX).
- Leweringsrisko van die graan word versag deur die optimale verhouding van Opsies tot ander afgeleide instrumente in u verskansingsportefeulje in te bring.
- Produksie-risiko deur die uitreiking van Inkomstedekking- / Multi-Risiko Oesversekering.

Bekostigbaarheid

Die produk se koste beloop in die orde van 0,5% van die leningsbedrag, wat in die meeste gevalle sowat R50-00 per hektaar (droëland) is.

Eenvoudig & Deursigtig

Die produk verskaf inset-finansiering aan produsente vir gewasverbouing wat binne die Nasionale Kredietwet en Finansieringskreteria kwalifiseer. Quattro-Vest se finansieringsmodel toon al die nodige berekeninge en kostes met die bedrag aan insette beskikbaar.

Getuigskrifte

Hoor Van Ons Kliënte

Blog Plasing

Lees Nuutste Nuus

Hello world!

Welcome to WordPress. This is your first post. Edit or delete it, then start writing!

Read More

Kom Ons Gesels

Reik uit en groei jou Netto Waarde Positief

Ons sien daarna uit om met u te gesels – kontak ons gerus vir ‘n nuwe benadering tot Landbou Finansiering.

Kontak Besonderhede

Follow Us :

Waarvoor Wag Jy?

Ons sien daarna uit om ‘n pad met u en u Boerdery te stap en ‘n langtermyn besigheidsverhouding te bou.